Archive for the ‘40 Dae Gedagte Detox’ Category

Gedagte Detox 40

Friday, October 15th, 2010

Ek vas vandag van…                       

 

“Dit is so moeilik om die Here te vertrou”  

Ons vertrou mense moeilik, miskien as gevolg van hulle “track record”

Die Here het egter ‘n skoon “track record”. Hy het nog nooit Sy beloftes verbreek nie.

Vervang dit met…

Die fondasie om iemand te vertrou, is ‘n ‘track record” van integriteit

1 Kon 8:56  “Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.”

 

Daar is meer as 1000 profesieë in die Bybel – beloftes wat die Here gemaak het nog voor dit in vervulling gekom het.

 

Dit is onmoontlik vir die Here om te lieg

Hebr 6:17 – 18 “Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;

 

Al sy beloftes is vir jou vandag beskikbaar

2 Kor 1:20  “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.”

 

Amen = Ja, dit sal so wees

 

 

Oordink dit & Sê dit…

  • Ek vertrou die Here met my hele hart, Hy het ‘n skoon “track record”
  • Dit is onmoontlik vir die Here om te lieg
  • Al die beloftes in die Woord in Hom is  ja en Amen
  • Omdat ek in Christus is, is hierdie beloftes ook vir my!

Gedagte Detox 39

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…                       

 

“Daar is soveel verkeerd in my lewe, hoe kan ek ooit verwag dat iets goeds my kant toe sal kom”

 

Vervang dit met…

Glo dat die Here geloof eer, selfs al het ons gefaal of misluk

Gal 3:8-9  “En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”

 

Elke goeie gawe kom van die Vader af

Jak 1:17 “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”

 

Ons is vergewe en vrygekoop van die vloek

Gal 3:13-14  “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.”

 

Stop om jouself te veroordeel, God se beloftes is groter as jou foute

1 Jon 3:19-23  “En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.”

Rom 8:1  “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”

 

God seën ons as gevolg van sy liefde vir ons

 

Oordink dit & Sê dit…

  • God is groter as my hart en my foute
  • Die Here eer die geloof wat ek in Hom het
  • My geloof  in Jesus se klaarwerk aan die kruis bring seën in my lewe
  • Elke goeie gawe kom van die Vader af

Gedagte Detox 38

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…               Verskonings

 

Vervang dit met…

Weier om middelmatigheid te verskoon

1 Thess 4:1  “Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.”

 

Weier die verskoning van siekte – “dit is maar in ons familie”

  • Ps 107:20 “Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
  • 1 Petr 2:22-24 “Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

 

Weier om te korte en mislukking in jou lewe te aanvaar – stop om te dink jy was aan die verkeerde kant van die pad gebore of dat jy beperk was in jou opvoeding

Rom 8:37  “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”

 

Weier die verskoning om onvergewensgesindheid in jou lewe toe te laat

 

Weier die verskoning van ‘n te kort aan ondersteuning

Ps 27:10  “Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.”

 

Weier die verskoning van sonde, wat sê ek kan hierdie ding net nie oorwin nie

Fil 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

1 Kor 15:33-34 “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie.

 

Oordink dit & Sê dit…

Ek elimineer verskonings van…

… middelmatigheid

… siekte

… tekorte en mislukking

… onvergewensgesindheid

… geen ondersteuning

… sonde

uit my gedagtes en woorde

Gedagte Detox 37

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…                       

 

“Ek sal nooit groot sukses behaal nie”

 

Diep binne ons lê ‘n subtiele, miskien ooglopend, ‘n toleransie tot middelmatigheid (mediocrity) en om net net oor die weg te kom. God het soveel meer vir ons – kom ons loop daarin.

Vervang dit met…

Oorvloedige sukses is waarlik God se wil vir jou lewe.

Ps 35:27 “Let them shout for joy, and be glad, that favour my righteous cause: yea, let them say continually, Let the LORD be magnified, which hath pleasure in the prosperity of his servant.” 

 

Ons is geseënd in Abraham

Gen 12:1-3  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

 

God se Woord behou die saad van ware sukses

Jos 1:8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

 

Sukses kom van God se teenwoordigheid

Gen 39:2  “En die HERE was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.”

 

Dawid se woorde aan sy seun Salomo:

1 Kron 22:11  “Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.”

Oordink dit & Sê dit…

  • God het ‘n behae in my voorspoed
  • Ek is geseënd in Abraham
  • Ek smag na God se Woord en Sy teenwoordigheid in my lewe

Gedagte Detox 36

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…   “My woorde dra nie soveel krag nie” (2)

 

Spr 18:21  “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.”

Vervang dit met…

Glo wat Jesus in Mark 11:23 gesê het

Mar 11:23  “Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê.”

 

Dit is natuurlik en bonatuurlik.

Ons gebruik woorde om ‘n romantiese atmosfeer te skep, om ‘n besigheidstransaksie te beklink. God het ons woorde gemaak om ‘n kreatiewe krag te wees

Woorde is soos saad – dit groei as dit gespreek word, goed of sleg.

Mark 4:14 “Die saaier saai die woord.”

Mat 8:8  “En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.”

Besef dat die Heilige Gees op ons wag om God se woord te spreek

Gen 1:2-3  “en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.”

Act 10:44  “En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.”

Oordink dit & Sê dit…

  • Ek glo dat my woorde die rigting van my lewe bepaal.
  • Ek gebruik woorde as saad om God se wil in my lewe te plant.
  • Soos wat ek God se woord spreek, wag ek op die Heilige Gees se werk in my lewe en situasie.