Ek vas vandag van…
“Daar is soveel verkeerd in my lewe, hoe kan ek ooit verwag dat iets goeds my kant toe sal kom”
Vervang dit met…
Glo dat die Here geloof eer, selfs al het ons gefaal of misluk
Gal 3:8-9 “En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”
Elke goeie gawe kom van die Vader af
Jak 1:17 “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
Ons is vergewe en vrygekoop van die vloek
Gal 3:13-14 “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.”
Stop om jouself te veroordeel, God se beloftes is groter as jou foute
1 Jon 3:19-23 “En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.”
Rom 8:1 “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”
God seën ons as gevolg van sy liefde vir ons
Oordink dit & Sê dit…
- God is groter as my hart en my foute
- Die Here eer die geloof wat ek in Hom het
- My geloof in Jesus se klaarwerk aan die kruis bring seën in my lewe
- Elke goeie gawe kom van die Vader af