Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Global Leadership Training 2012 in Vanderbijlpark

Thursday, February 23rd, 2012

The second year of the Global Leadership Training program started yesterday in Vanderbijlpark. The training is a team effort of GlobalEquip and Life Christian Foundation.

Students attending are Pastors and Youth Ministry leaders from churches in Namibia, Zimbabwe, The Democratic Republic of Congo and South Africa. The first year had 24 students and 22 of these students returned for the second year.

The second year curriculum contains:

  1. Spiritual Leadership
  2. Paul’s Theology
  3. Church Planting Leadership
  4. Study the book of Corinthians
  5. Sports Ministry
  6. Pastoral Epistles
  7. Financial Leadership
  8. Acts – The spread of the Gospel
  9. Study of the book of Romans
  10. Study of the book of Philippians
  11. Relational Leadership
  12. Missional Leadership
  13. Study of the book of Galatians
  14. Study of the book of Thessalonians

Year one saw God truly transforming these leaders. The wives of these pastors have testified that changed men returned home after the leadership program.

GlobalEquip has seen the first graduates complete the 3 year Global Leadership Training program in West Africa – Sierra Leone.  We trust that the Lord will open up doors for us to take this training program into every African Nation.

Continue to stand with us and pray with us for what the Lord wants to do through us with this leadership program.

My Word shall accomplish that which I please

Friday, May 13th, 2011

Liezl from West Zambia Missions shared this scripture with me this morning. Hope you all are blessed by it as well.

Isa 55:10

For as the rain cometh down, and the snow from heaven, and returneth not thither, but watereth the earth, and maketh it bring forth and bud, that it may give seed to the sower, and bread to the eater: Isa 55:11

So shall my word be that goeth forth out of my mouth: it shall not return unto me void, but it shall accomplish that which I please, and it shall prosper in the thing whereto I sent it.

Gedagte Detox 39

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…                       

 

“Daar is soveel verkeerd in my lewe, hoe kan ek ooit verwag dat iets goeds my kant toe sal kom”

 

Vervang dit met…

Glo dat die Here geloof eer, selfs al het ons gefaal of misluk

Gal 3:8-9  “En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”

 

Elke goeie gawe kom van die Vader af

Jak 1:17 “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”

 

Ons is vergewe en vrygekoop van die vloek

Gal 3:13-14  “Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.”

 

Stop om jouself te veroordeel, God se beloftes is groter as jou foute

1 Jon 3:19-23  “En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.”

Rom 8:1  “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”

 

God seën ons as gevolg van sy liefde vir ons

 

Oordink dit & Sê dit…

  • God is groter as my hart en my foute
  • Die Here eer die geloof wat ek in Hom het
  • My geloof  in Jesus se klaarwerk aan die kruis bring seën in my lewe
  • Elke goeie gawe kom van die Vader af

Gedagte Detox 38

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…               Verskonings

 

Vervang dit met…

Weier om middelmatigheid te verskoon

1 Thess 4:1  “Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.”

 

Weier die verskoning van siekte – “dit is maar in ons familie”

  • Ps 107:20 “Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
  • 1 Petr 2:22-24 “Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

 

Weier om te korte en mislukking in jou lewe te aanvaar – stop om te dink jy was aan die verkeerde kant van die pad gebore of dat jy beperk was in jou opvoeding

Rom 8:37  “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”

 

Weier die verskoning om onvergewensgesindheid in jou lewe toe te laat

 

Weier die verskoning van ‘n te kort aan ondersteuning

Ps 27:10  “Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.”

 

Weier die verskoning van sonde, wat sê ek kan hierdie ding net nie oorwin nie

Fil 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

1 Kor 15:33-34 “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie.

 

Oordink dit & Sê dit…

Ek elimineer verskonings van…

… middelmatigheid

… siekte

… tekorte en mislukking

… onvergewensgesindheid

… geen ondersteuning

… sonde

uit my gedagtes en woorde

Gedagte Detox 37

Thursday, October 14th, 2010

Ek vas vandag van…                       

 

“Ek sal nooit groot sukses behaal nie”

 

Diep binne ons lê ‘n subtiele, miskien ooglopend, ‘n toleransie tot middelmatigheid (mediocrity) en om net net oor die weg te kom. God het soveel meer vir ons – kom ons loop daarin.

Vervang dit met…

Oorvloedige sukses is waarlik God se wil vir jou lewe.

Ps 35:27 “Let them shout for joy, and be glad, that favour my righteous cause: yea, let them say continually, Let the LORD be magnified, which hath pleasure in the prosperity of his servant.” 

 

Ons is geseënd in Abraham

Gen 12:1-3  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

 

God se Woord behou die saad van ware sukses

Jos 1:8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

 

Sukses kom van God se teenwoordigheid

Gen 39:2  “En die HERE was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.”

 

Dawid se woorde aan sy seun Salomo:

1 Kron 22:11  “Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.”

Oordink dit & Sê dit…

  • God het ‘n behae in my voorspoed
  • Ek is geseënd in Abraham
  • Ek smag na God se Woord en Sy teenwoordigheid in my lewe